Friday 10 October 2008

Eendag is ek 'n buffel

Gister het ek gaan gym. Vandag voel ek soos 'n bees met brose seenings. Soos ek van te vore genoem het (moontlik in my "update letter"), gaan ek waarskynlik net twee keer 'n week na die gym toe gaan. Ek wil dit nie oordoen nie. Dis die probleem met die meeste mense wat met 'n nuwe oefenprogram begin. Hulle ooreis hulleself aan die begin en moet dan ophou weens beserings of uitputting.

My spiere is lekker gevoellig. Vanoggend het ek feitlik geen pyn gehad nie, maar soos die dag aan stap raak my bewegings al hoe stadiger. Ek dink ek sal vanmiddag of vanaand 'n lekker warm stort neem en dan strek oefeninge doen. Ek wil beslis een van daai lomp stywe ouens word wat nie hulle skoenveters kan vas maak nie!

Ek het ook verdere goeie nuus by die gym ontvang. Daar is 'n lokaal met die die oulike naam "Moo Do Kwan", wat basies krygskunshuis beteken. Dis 'n oefenlokaal vir krygskuns, maar word ook gebruik vir ander oefeningsessies soos pilatus, aerobiese oefeninge, ballet, ens. 'n Ruk terug het ek aansoek gedoen om die lokaal te mag gebruik om Taekwon-Do te oefen op Sondagoggende saam met my vriend John. Aanvanklik het hulle gesê dat ons nie mag nie. Maar met my onlangse besoek aan die gym het hulle gesê dat ons wel die lokaal kan gebruik mits niemand anders daar oefen nie. Dus sal ek en John seker binnekort ons Sondagoggendsessies hier kom doen. Ongelukkig is John vas vir die volgende paar naweke omdat sy ma uit die VSA kom kuier het.

[Ek wil nie regtig soos 'n buffel lyk nie. 'n Atletiese bou staan my beter aan.]

Image from Boston.Com.

No comments: