Sunday 21 September 2008

Oor die digkuns

Digkuns is anders as prosa. Gedigte verkoop minder. Maar belangriker is dat 'n gedig nie kom soos 'n genooide gas nie. Dit besoek jou op vreemde tye. Dit kom op jou af soos 'n groot kak. En as jy dink, goed, ek sal vannaand as almal in die bed is, kyk wat gesê wou word, dan sit jy met niks meer as klein gekonstipeerde knolletjies nie. Jy kan nie sê dat jy ekle aand, of elke Saterdagoggend of net Sondae 'n gedig gaan skryf nie. As dit kom, moet jy beskikbaar wees. En jou papier moet reg wes en jou potlood die regte HB-soort en jou uitveër nie weg nie en jy moet jou ore kan afsplyt tot in daardie plek, daardie kloppende opening, daardie dun wand waar jy kan hoor hoe roerings van lig en sig en verlies in klank kalibreer, en jy dit wat vertaal word tot taal, kan opvang.
Antjie Krog, uit 'n Ander Tongval

No comments: