Monday 8 September 2008

Aanlyn: Vloek of seën?

Uiteindelik! Ek het Internet nou ook by my woonstel gekry. Maar nou die groot dilemma... is dit regtig so seën as wat ek gehoop het? Toe ek slegs Internet by my kantoor gehad het kon ek huistoe kom en fokus op ander dinge. Sonder Byvoorbeeld, sonder Internet om my aandag af te lei kan ek meer lees. En sonder Internet is die grense van my werk ook meer duidelik. Internet is tog so 'n groot tydvreter.

Aan die anderkant, met Internet tuis is dit makliker om met mense te kommunikeer. Aangesien veral my Suid-Afrikaanse vriende aanlyn is wanneer ek lankal nie meer op kantoor is nie, beteken dit dat ek moontlik meer gereeld met hulle sal kan "chat". Binnekort wil ek ook 'n mikrofoon en kammeratjie aanskaf sodat ek kan Skype.

No comments: